‘n bietjie oor Boer en Bedryf

Posted in Broker In Your Pocket on Sep 12, 2025

Kyk na die video: https://www.youtube.com/watch?v=DCWOcMjENPQ

Ek dink die eerste ding waarna ons moet gaan kyk, moet ons sê dat ‘n boerdery nie ‘n besigheid is nie. In meeste van die gevalle is dit ‘n leefstyl, ‘n nalatingskap, die mense wat nou daar boer, is dalk al die derde, vierde, vyfde geslag. So ek dink as jy gaan kyk daarna, moet jy dit in so opsig sien, en nie as ‘n besigheid nie.

So, as ons gaan kyk na die opvolgbeplanning, in die sin wat gebeur met die mense wat daar is en wie gaan die boerdery oorneem. Ek dink ons moet ook die ekonomie in ag neem en van die jonger mense loop weg van die nalatingskap af, so die plaas kan ook verkoop word, maar ons kan alles in plek sit in terme van risiko bestuur om daai mense te help om die plase te behou en dalk weer nog steeds kommersieël verder te kan boer.

Ek dink die eerste ding is altyd skuldgewys, ek dink dit is altyd die grootste probleem. Soos wat ons weet vir boere het hulle altyd produksie lenings, wat oor ‘n 12 maande tydperk is. En soos die duiwel dit altyd wil hê, sal daar iets gebeur as jy daai lening volgetrek het. So jy moet altyd bewus wees van “wat kan gebeur”, die gebeurlikheid in terme van dit. Ons weet almal dit is ‘n “grudge purchase” op die einde van die dag, maar jy moet voorsiening maak daarvoor.

So dit is die een gedeelte wat ons nou moet kyk is dan die dood, die ongeskiktheids gedeelte. Dan die ander gedeelte is die korttermyn versekering gedeelte, wat niemand ooit, altyd probeer aanraak nie. Maar dit is so ongelooflik belangrik vir die boer, om al die gelde wat hulle met goeie oeste al by mekaar gemaak het, nie in die drein af te gooi en nie korttermyn versekering het, wat dalk ‘n mis oes gaan kan dek en breke op hulle stropers, daai type klas van goed, laat hulle dit onder kort temyn gedek kry.

Ek dink ultimately moet hulle ook verstaan dit bly ‘n besigheid vir hulle en hulle vind altyd waarde tot dit toe en moet dit nooit afwater nie, maak seker dat jy die regte korttermyn het en ek dink as jy na 1.618 in geheel kyk, is hierdie wat ons vir die mense mee kan help. Bo en behalwe dan die voortsetings planne kan ons dan ook die korttermyn gedeelte vir hulle mee help.

Ek dink dit is ook van kardinale belang, laat die ouens altyd ook kyk na langtermyn beplanning, maar ook geld wat beskikbaar gestel word, laat hulle dan onmiddellike vereistes ook kan vervul as hulle dit so na kyk. So ek dink die struktuur by 1.618 in terme van ons beleggings kontrakte wat ons alles het, maak voorsiening dat ons nie net een spesifieke maatskappy het nie maar dat ons ‘n groot verskeidenheid maatskappy vir hulle kan offer, en ek dink met Fibonacci - wat ons Asset Management kant is, en waar ons ook dan ‘n kantoor in London Engeland het, maak dit soveel beter dat ons vir hulle die “offshore” gedeelte ook kan offer of ‘n kombinasie daarvan en ‘n goeie prys op die einde van die dag.